

ORGANISEERDER
Me Annemiek du Toit
JV-TENNIS
Die skool skryf jaarliks verskeie senior-en juniorspanne vir die liga in. Alle spelers ontvang een keer per week gratis, professionele afrigting. Hierdie jaar het ons twee junior- en twee seniorspanne.
Cochrane Tennis Afrigting (CTC) is al vir die afgelope sewe jaar verantwoordelik vir die afrigting van JV-skooltennis. CTC bied ook aan leerlinge die geleentheid om hulle beste te lewer en tennis as ‘n lewenslange leefstyl te ontwikkel.
CTC maak gebruik van Waverley Tennisklub vir afrigting en wedstryde, omdat ‘n groot hoeveelheid JV-leerlinge reeds lid is by Waverley Tennisklub.
Afrigters:
Mnr Louis Kritzinger
Oefentye:
Gratis afrigting vind plaas tydens kwartaal 1 en 2
Maandae: 14:15 – 16:00
Wedstryddae:
Juniors: Donderdag
Seniors: Vrydae
Oefenplek:
Waverley Tennisklub in Breyerlaan
Drag tydens galas:
-
JV-drag
-
eerstespan en o/15-span dra die goedgekeurde drag van die spesifieke jaar
Hoogtepunt van 2019-seisoen
Ons eerstespan het al hul wedstryde gewen