Die finansiële kantoor hanteer alle finansies van die skool, insluitend skoolfondsbetalings.
Verskeie betalingsopsies word aangebied.
Skoolfondsrekeninge is vooruitbetaalbaar maar daar word vergunning gemaak vir maandelikse afbetaling. Skoolgeldrekeninge word maandeliks per e-pos aan ouers gestuur, indien u nie state ontvang nie, kontak die finansiële kantoor asseblief.
Die skoolgelde vir die jaar 2021 is R22 674.00
Skoolgelde moet voor die 7de van elke maand betaal word vanaf 1 Januarie tot 1 November 2021
Die eerste betaling moet reeds gedoen word voor die skool begin in Januarie.
Maandelikse bedrag vir Gr 8 tot 11 leerders R2 062.00 pm en Gr 12 R2 267.40 hulle betaling geskied net tot 1 Oktober 2021
R800 korting word gegee indien skoolgeld vereffen word teen 28 Februarie 2021
‘n R800 gesinskorting word ook gegee vir die 2de, 3de … kind in die skool van dieselfde biologiese ouers
Die skool se bankbesonderhede is:
ABSA
BEN SWART-TAK
TAKKODE: 334 645
REKENINGNOMMER: 90750569
VERWYSINGSNOMMER: _____________ (U KIND SE TOELATINGSNOMMER, DIT IS UITERS BELANGRIK AANGESIEN ONS DIT GEBRUIK OM DIE GELD TE ALLOKEER TEEN U REKENING)
Uitsluitings
-
Inligtingstegnologie word na-ure aangebied as addisionele vak teen R3 300 per jaar;
betaalbaar oor 10 maande vir graad 10 & 11 (Januarie – Oktober)
betaalbaar oor 9 maande vir graad 12 (Januarie – September)
-
Indien ‘n leerder gedurende die jaar die Inligtingstegnologieklasse sou staak, sal die klasgelde steeds betaalbaar bly.
-
Toere word opsioneel aangebied en sal waar moontlik gedeeltelik deur die skoolfonds gedek word, en gedeeltelik deur die ouers befonds word; en
-
Matriekafskeid sal ook slegs gedeeltelik befonds word, en gedeeltelik deur die ouers befonds word.
Me Astrid v Oostveen
Finansies
012 332 1760/1/2 & 332 3701/2
Mev Ilza van Rensburg
Finansies
012 332 1760/1/2 & 332 3701/2
