ORGANISEERDER

Me Charisma Botes

JV-SKAAK

Skaak is die sport wat die ontwikkeling van beide die regterbrein (kreatiewe denke), sowel as die linkerbrein (logiese denke) bevorder. Dit bevorder ook ‘n persoon se konsentrasievermoë en kreatiewe probleemoplossingsvaardighede.

 

Die legende rakende die ontstaan van skaak is sowat 1500 jaar oud en lui as volg:   ‘n Heerser oor Indië het vir sy raadgewers gevra om ‘n speletjie te ontwerp met die doel om soldate te leer om nie net te veg in die oorlog nie, maar ook om te dink oor hoe hulle die vyand gaan uitoorlê. Een van sy wyse manne het skaak aan hom voorgelê. Die heerser was beïndruk, so veel so, dat hy die wyse man ‘n beloning van sy keuse sou gee. Die man, ‘n wiskundige, het iets eenvoudig gevra;  vir  ‘n ryskorrel in die eerste blok en dan om dit te verdubbel op elk van die opeenvolgende blokke.

Die heerser wou die eenvoudige versoek met graagte aan hierdie wyse man toestaan. Die heerser het wel vinnig agtergekom dat dit ‘n onmoontlike taak sou wees.  Dit werk uit op  264 18,446,744,070,000,000,000 ryskorrels.

Hierdie eksponensiële groei sou beteken die heerser sou 210 biljoen ton rys moes opdok. Dit word beweer dat soveel rys die hele land van Indië onder ‘n meter dik ryslaag sou bedek.

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was van die topskaakspelers ook kodebrekers. Britse meesters Harry Golombek, Stuart Milner-Barry en H. O’D Alexander was in die span wat die Nazi Enigma-kode gebreek het.

 

Afrigter:

Mnr Ben van Merwe

 

Oefentye: 

Kwartaal 1 tot 4

Dinsdae en Donderdae: 14:00 – 16:00

 

Ligas word tydens die tweede kwartaal op Vrydae gespeel

 

Oefenplek:

Kamer 118

Drag tydens toernooie:

Volledig, korrekte skooldrag

 

Hoogtepunte van die 2019-seisoen

Twee van HTS John Vorster se skaakspanne het in 2019 hulle speelvernuf bewys gedurende die distrikliga en het deurgedring na die distrikfinale.

  • White Instagram Icon

© Copyright 2019 by HTS John Vorster. Proudly created with Wix.com

Kontak ons

Tel: 012 332 1760

Epos: info@htsjv.co.za

Adres

Meyerstraat 1072

Rietfontein

Pretoria