ORGANISEERDER

Mnr Martin Steyn

JV-RUGBY

HTS John Vorster het al die jare in die boonste Noord-Transvaalse rugby-skoleliga deelgeneem. Dit was die jare waar liga-uitdunne in Pretoria volgens  sterkte gegroepeer was.  In daardie tydperk was JVs, soos vandag nog,  deel van die boonste groepering wat bekend was as die A-bond skole. In die tyd van die bondeliga het skole van bond verskuif na gelang die prestasie op jaarlikse basis. Vandag neem JVs steeds deel  aan die A-Bond, maar dit staan bekend as die Makro-skoleliga, wat bestaan  uit net  die sterkste, uitgesoekte skole in Pretoria.

 

In 1974 wen JVs se eerstespan die destydse Administrateursbeker wat later in die 90’s, die naam Direkteurstrofee , later was dit die Beeldtrofee en dit staan vandag bekend as die Virseker Beker. In die jaar 2000 speel JVs se eerstespan vir  ‘n tweede keer in die eindstryd  maar die keer  om  die huidige Beeldtrofee. Met ‘n naelskraapse telling wen JVs die silwer medalje op ons tuisveld teen Hoërskool Ermelo. Springbok Jacques Cronjé, was in die wedstryd die JV-kaptein en ook die enigste speler uit al Pretoria se bekendste rugbyskole,  wat vir die SA-skolespan in 2000 gekies word.

 

Vele  Noord-Transvaal/Bloubul/Cravenweek-spelers  EN  Curriebeker-spelers  word  deur die jare deur HTS John Vorster opgelewer naamlik:

 

  • Gys Pitzer

  • Louis Van Rensburg

  • Koot Nieuwhoudt

  • Die Williamson-Broers (Andrew En Raymond)

  • Angelo Van Rensburg

  • Hennie Harding

  • Die Cronje-Broers (Jacques En Geo)

  • Joe Beukes

  • Henkie Schutte

  • Johan Bester

  • Tian Schoeman

Afrigters:


Mnr  Martin Steyn
Mnr Niel de Vaal
Mnr Phillip Klopper
Mnr Johan Pieterse
Mnr Peet van der Westhuizen
Mnr Erich Broodrijk
Mnr Johan Scholtz
Mnr Johan Prinsloo
Mnr Nico Westenraad
Mnr Francois Avenant
Mnr Tertius Stander
Mnr Lionel Koekemoer
Mnr Reinhard Mentz
Mnr Hendré Botha
Mnr LC Esterhuizen
Mnr Ben van der Merwe
Mnr Jacques Kruger

Mnr Ruan Vermaak

Oefentye: 

Maandae, Dinsdae en Donderdae: 14:30 – 17:00

 

Oefenplek:

Skool se rugbyvelde

Drag tydens wedstryde:

JV-rugbydrag:

  • wit broek

  • JV-trui

  • skipants (wit of swart - opsioneel)

  • second skin (wit – opsioneel)

  • tweedespan dra arendetrui

  • eerstespan dra voorseisoen of wit trui

 

 

Hoogtepunte van 2019-seisoen

Ons o/16A-span was die Stadbekerwenners.  Die derde- en o/16B-spanne het hul ligas gewen.  Michael Huart word in die Bulle-0/16C-span verkies en Jerry Mashaba in die 0/18C-span.

  • White Instagram Icon

© Copyright 2019 by HTS John Vorster. Proudly created with Wix.com

Kontak ons

Tel: 012 332 1760

Epos: info@htsjv.co.za

Adres

Meyerstraat 1072

Rietfontein

Pretoria