WONNIES Hulpfondsprojek
GENUINE JV: HULP VIR WONNIES
Soos u waarskynlik reeds verneem het, het 'n gedeelte van Hoërskool Wonderboom verlede week afgebrand. Die skool se klerebank is totaal vernietig en Hoërskool Wonderboom benodig fondse om hulle klerebank weer op die been te bring.
Ons by JV-land wil graag ons buurskool help in die gees van Genuine JV-wees.
Elke R10 (of meer) wat ons as JV-familie kan skenk, sal n reuse verskil maak.
U kan die kontant saam met u kind skool toe stuur en in die houer by die ontvangstoonbank laat plaas. Elektroniese inbetalings kan in die skool se rekening inbetaal word, met verwysing: WB KLEREBANK of kode 0060/050
ABSA
Ben Swart-Tak
TAKKODE: 334 645
Rekeningnommer: 907 505 69
Afsnydatum is 6 Augustus 2020 om 8:00
Baie dankie dat u, die GENUINE JV’s, altyd ‘n oop hart en hand het vir ander.
#genuinejv#hulpfonds#htsjohnvorster#hoërskoolwonderboom#komonshelpmekaar#buurskool#klerebank#skool2020
