Search

Wat is die SASOL SOLAR CHALLENGE?

Die Sasol Solar Challenge is 'n twee-jaarlikse kompetisie waartydens die publiek en spesifiek die jonger generasie op 'n praktiese, opwindende manier aan die krag van son-energie blootgestel word. Hierdie kompetisie lok internasionale deelnemers. Dit is 'n prestige geleentheid waar betrokke maatskappye goeie nasionale sowel as internasionale blootstelling sal geniet deur hul ondersteuning van die skool en leerder ontwikkeling in terme van die nuutste sonkrag-, battery- en saamgestelde vesel tegnologie


Die doel van die Sasol Solar Challenge is om spanne (bestaande uit skoliere, studente, rolspelers in die industrie sowel as private individue) 'n uitsonderlike leergeleentheid te bied deurdat hulle eerstehands op praktiese maniere betrokke raak by die toepassing van wetenskap, innovering, spanwerk en besigheid- en bemarkingsbeginsels.


Die wedren word in 2021 by die Red Star Raceway in Delmas, Mpumalanga gehou. Dit skop op 16 Februarie af met 'n voertuiginspeksie en eindig op 26 Februarie met 'n prysuitdeling. Die publiek en belangstellendes gaan die unieke geleentheid bywoon waar hulle blootgestel gaan word aan plaaslike en internasionale sonkar spanne, sowel as die nuutste tegnologie en ontwerpe wat deur hierdie spanne geimplementeer word.


Ons het u hulp nodig om hierdie droom van 'n sonkar-toekoms vir ons leerders 'n werklikheid te maak. U maatskappy se ondersteuning kan hier 'n groot verskil maak!


37 views0 comments

Recent Posts

See All