Search

Oueromsendbrief 1

Updated: Feb 10

Welkom terug by JV’s in 2021! Mag die jaar vir u voorspoed en gesondheid inhou.

Die COVID 19-pandemie gaan ons beslis nie pootjie nie - ons is reg vir groot dinge in die nuwe jaar. Ons wil poog om die skoolgaan-ervaring so normaal as moontlik vir die leerders te hou en soveel as moontlik aktiwiteite te laat voortgaan binne die wetgewing rondom die pandemie. Personeel is gerat om alle omstandighede te trotseer.

Direktiewe vanaf die Onderwysdepartement bepaal dat daar nog steeds net ongeveer 50% van die totale aantal leerders van die skool per dag by die skool mag wees. Dus sal ons nog steeds die daaglikse rotasieroosters (dag A en -B) volg, matrieks uitgesluit, aangesien matrieks elke dag skool toe kom, totdat die voorskrifte verander. Volgens instruksie mag daar ook nog geen kontaksport vir ten minste die eerste kwartaal gereël word nie, maar ons gaan aan met kondisionering in verskeie sportsoorte, onderhewig aan alle COVID 19-veiligheidsvereistes.


Sommige dokumentasie wat einde 2020 aan u gestuur is, moes ongelukkig aangepas word as gevolg van die veranderde openingsdatum. Aangepaste dokumente, wat u asseblief sorgvuldig moet bestudeer, is by hierdie dokument vir u ingesluit/aangeheg.



Ouerbrief 1
.pdf
Download PDF • 454KB



297 views0 comments

Recent Posts

See All
  • White Instagram Icon

© Copyright 2019 by HTS John Vorster. Proudly created with Wix.com

Kontak ons

Tel: 012 332 1760

Epos: info@htsjv.co.za

Adres

Meyerstraat 1072

Rietfontein

Pretoria