Search

Ons spog met ons onderwyser

Updated: Mar 20

Ons spog nie slegs met ons leerders nie, maar ook met ons merkwaardige onderwysers.



Hier by HTS John Vorster het ons van die beste onderwysers in die land. Elke onderwyser loop die ekstra myl om die beste uit elke student te kry. Hulle werk hard, deeglik en na ure om te bereik wat mnr James Wheeler in 2019 bereik het met sy elektronika- en IT- leerders.


SONDER DROME SOEK ONS NIKS, SONDER LIEFDE VOEL ONS NIKS, SONDER GOD IS ONS NIKS


Mnr James Wheeler is ‘n waardevolle opvoeder wat in 2019, nie net een nie, maar twee toekennings ontvang het vir uitmuntige prestasie. Sy eerste toekenning was vir die 100% slaagsyfer in Elektronika, ons lê tans 4de in Gauteng. Sy tweede toekenning was n sertifikaat van waardering vir 100% slaagsyfer in IT. Hiér is hy tweede in Tshwane-Noord.


Wat n ongelooflike, merkwaardige prestasie en ons is trots om hom in die JV-onderwysspan te hê. Hier is ons doel om elke leerder tot sy of haar volle potensiaal te ontwikkel.



Vir meer inligting oor HTS John Vorster, besoek on webblad by www.htsjohnvorster.online of ons Facebook en Instagram-blad.


30 views
  • White Instagram Icon

© Copyright 2019 by HTS John Vorster. Proudly created with Wix.com

Kontak ons

Tel: 012 332 1760

Epos: info@htsjv.co.za

Adres

Meyerstraat 1072

Rietfontein

Pretoria