Search

Ons sonkar en deelname

BESKRYWING VAN ONS SONKAR


Die sonkar wat deur die HTS John Vorster span ingeskryf word vir die Februarie 2021 Sasol Solar Challenge is ontwikkel en gebou deur TUT vir hul deelname aan die 2016 Sasol Solar Challenge. Die 2016 kar is verander om by die nuwe vereistes vir die 2021 kompetisie aan te pas. Ons leerders het vanaf Januarie 2020 gewerkskaf om al die nodige veranderinge aan die kar aan te bring en elke oomblik wat hulle kon afstaan is bestee om aan die kar te werk. COVID het dit nie maklik gemaak nie, en ons moes die projek vir 'n tydjie op sy plaas voordat ons weer volstoom aan die werk kon spring om verlore tyd in te haal.


VOORDELE VAN DEELNAME


Begrip van die nuutste tegnologiese innovering

As deel van die leerervaring word skoliere, ouers en onderwysers aangemoedig en uitgenooi om die ontwerpkonsepte van die bestaande sonkar te verbeter. Aspekte waaraan gewerk sal word sluit die volgende in:

•verbetering van aerodinamiese weerstand

•basiese kennis van battery konfigurasies en bestuur

•verbetering van die skarnier-werking van die boonste deel van die sonkar (grafiese tekeninge, ontwerp en vervaardiging)

•begrip van die suspensie, meganiese remmeganisme en wielsporing

•vervaardiging van 'n nuwe skerm om voor en agter die sonkar te kan sien

•begrip van die strategie, spanbestuur, logistiek, bemarking en fondswerwing vir 'n sonkar span.

•addisionele tegniese werk soos programmering, bedrading, veiligheidsdokumentasie ens.

Die projek fokus op die begrip van fundamentele ontwerpkonsepte en die faktore wat die werking van die sonkar beinvloed.

Die volgende spanne is saamgestel uit HTS John Vorster leerders, hul ouers, onderwysers en ander belanghebbendes om die projek 'n werklikheid te maak:

- Bemarking

- Fondswerwing

- Tegniese afdeling

- Logistiek


32 views0 comments

Recent Posts

See All