Search

KRAGDAG 2020

Sakeliga KragDag 2020

Die GROOTSTE Alternatiewe Energie en Selfstandigheid-ekspo in die land (ingesluit 'n Landbou sub-ekspo in samewerking met TLU SA)


WANNEER: 3-5 Desember 2020

Diamantvallei Landgoed (20km oos van Pretoria) . . .

Dit is byna tyd vir vanjaar se Sakeliga KragDag Ekspo!

Die selfstandigheid-fokus van die KragDag ekspo is vanjaar meer relevant as nog ooit tevore, waar besighede in 2020 keer op keer geïnhibeer is om sake te doen en steeds met uitdagings sit om te herstel van die skade wat 'n grendelstaat veroorsaak het.

Dus is dit vir ons werklik belangrik om die KragDag ekspo aan te bied. Dit skep nie net vir besoekers die geleentheid om self meer selfstandig te lewe nie, maar bied ook aan ons uitstallers die geleentheid om 'n bietjie op te maak vir 'n jaar van onsekerhede en beproewings.


Dit is egter ook belangrik dat ons vir ons uitstallers terugvoer gee oor die uitdagings wat ons ervaar as organiseerders om hierdie ekspo met die regte COVID-regulasies goedgekeur te kry by die betrokke owerheidsinstansies, aangesien meneer Ramaphosa, ten spyte van die relatief lae COVID vlakke in die land, besluit het om beperkings op geleenthede soos KragDag te bly handhaaf.

KragDag het in samewerking met 'n mediese span 'n COVID-plan opgestel om 'n COVID-vrye ekspo te verseker.


Hierdie plan is in ´n vergadering verlede Vrydag aan die burgermeester van Pretoria voorgelê, waar dit deur hom sowel as ander raadslede met positiwiteit ontvang is. KragDag het ook sy bes gedoen om deur alle burokratiese hoepels te spring. Daar is egter nog een hekkie wat ons moet oorkom en dit is om finale goedkeuring van die Tshwane munisipaliteit se Events Management komitee te ontvang om te kan voortgaan. Ons sal die uitkoms van die vergadering op eerskomende Donderdag (19 November) aan u kommunikeer.

Indien KragDag se Covid protokol vir groot geleenthede goedgekeur word, hoop ons dat dit ander geleenthede sal help om ook weer te kan open, en dit vir uitstallers oraloor weer die deur sal oopmaak om op hierdie wyse weer brood te kan verdien.

In die lig van bogenoemde sal die uitstaller toeligtingsdag, wat vir eerskomende Vrydag geskeduleer was, oorskuif na Woensdag volgende week.


Onthou ons tema vir Sakeliga KragDag 2020 is Immuun teen grendelstaat en ander virusse ... en ons geniet dit.

Indien jy enige navrae het of spesiale reëlings wil tref, is jy welkom om die KragDag kantoor te kontak by 087 231 1644 of info@kragdag.co.za


Uitstaller Toeligtingsdag!

Waar die Toeligtingsdag gewoonlik twee weke voor die ekspo plaasvind, moes ons dit soos hierbo gemeld noodgedwonge aanskuif. Dit sal nou DV op Woensdag die 25e November 2020 plaasvind.


Aansoeke!

Alhoewel daar reeds meer uitstallers geregistreer het as in 2019, het ons terrein vergroot en dus is daar nog 'n paar spasies beskikbaar. Doen vandag nog aansoek om teleurstelling te voorkom.


Liefdadigheidsveiling ten bate van Manna vir die Boere! KragDag skep die platform waar uitstallers eerstens kan produkte skenk om opgeveil te word ten bate van die boere traumafonds: Manna van die Boere. Daar sal ook 'n halfblad Veeplaas Handelspos advertensie (ter waarde van R7 600) opgeveil word en ons nooi graag maatskappye uit om hierop te kom bie. Die KragDag Ekspo sal ook as 'n aflaaipunt dien waar die publiek produkte kan skenk vir hierdie uitreikprojek.


Deel die KragDag pamflet en nooi jou mense uit!

66 views0 comments

Recent Posts

See All
  • YouTube
  • White Instagram Icon

© Copyright 2019 by HTS John Vorster. 

Kontak ons

Tel: 012 332 1760

Epos: info@htsjv.co.za

Adres

Meyerstraat 1072

Rietfontein

Pretoria