Search

JV-voorbereiding is vol pret

Updated: Mar 23

2020 het sommer vinnig afgeskop met groot pret en plesier vir die nuwe graad 8-leerders. Soos elke jaar moet die nuwe leerders, wat in gr.8 is, deur 'n proses van voorbereiding gaan om VOLWAARDIGE JV's te wees [ want soos elke oud JV weet, is dit 'n GROOT trots om jouself 'n JV te kan noem ]


Rise above the storm and you will find the sunshine #lifequotes

Die eerste paar dae was bitter onseker vir elke nuwe groentjie en hulle het bang-bang in die skool ingekom. Daar was van die begin geweet dat die volgende twee weke dalk nie sal verloop soos hulle gedroom het nie.


Die nuwe gr 8-leerders het baie take gehad om te verrig: hulle moes toutrek, sakspring en ander fisiese aktiwiteite doen om hulle ware liefde vir die JV's te bewys. Met baie pret het hulle deur die eerste week van voorbereiding gekom en besef dat hierdie 'n tyd in hulle lewe is, wat vir ewig onthou gaan word.


Binnekort is die nuwigheid verby en is die groentjiekonsert gefinaliseer. Dan kan die ouers van elke nuwe gr 8-leerder met trots sê hulle is deel van die JV-familie. Vir elke leerder van HTS John Vorster lê daar dan nou weer harde werk voor om 'n 100%-slaagsyfer te behaal.


Volg ons op FACEBOOK en INSTAGRAM vir foto's en inligting rakende alle aktiwiteite by die skool.



52 views
  • White Instagram Icon

© Copyright 2019 by HTS John Vorster. Proudly created with Wix.com

Kontak ons

Tel: 012 332 1760

Epos: info@htsjv.co.za

Adres

Meyerstraat 1072

Rietfontein

Pretoria