Search

JV-NUUS

Ons wil graag vir mev. Antoinette Dowd gelukwens met haar aanstelling as nuwe hoof van HTS John Vorster met ingang 1 Junie 2020. Ons wens haar alle sukses en sterkte toe met die groot taak.


WELKOM TERUG


Welkom terug aan ons matriekleerders na die onverwagse baie lang vakansie a.g.v. die inperking met die Coronavirus-situasie. Ons is baie bly dat julle voltallig is! Ons vertrou dat almal gesond is en reg is vir die besige kwartaal vol nuwe uitdagings!

Die voorlopige datums vir die res van die skool om te begin, is 6 Julie vir graad 10 en 11 en 3 Augustus vir graad 8 en 9. Of dit gaan realiseer sal slegs die tyd ons leer. Intussen gaan ons aan met die werk. Vir die res van die week is die werk steeds op die Communicator geplaas. Vanaf 15 Junie gaan ons met Microsoft Teams begin werk. U moes reeds al die Inligting daaromtrent ontvang het.


MOSIES


Mev. Tessa Grobler se dogter is gedurende die afgelope vakansie getroud.

Mnr Erich Broodrijk en sy vrou het ‘n seuntjie, Elih, ryker geword het. Mag hy vir julle baie vreugde bring.

Mev. Annie van der Hout se dogter het haar doktorsgraad ontvang en mev. Linda Loubser se dogter het haar meestersgraad ontvang.

Die volgende personeel het verjaar sedert die skole gesluit het:

Mnr. Jurg Swart het Vrydag, 1 Mei en mnr Trevor Smith het Vrydag, 8 Mei verjaar. Mnr. Cobus Malan en me. Eileen Groenewald het Donderdag, 14 Mei en mnr Erich Broodrijk Maandag, 18 Mei verjaar. Me. Anel de Beer verjaar Donderdag, 4 Junie en mnr. Theuns Smith verjaar Vrydag, 5 Junie.

Baie geluk!


HERREGISTRASIE


Die herregistrasievorms is by die volgende skakel beskikbaar. Voltooi dit asseblief volledig vóór 15 Junie 2020 indien u dit nie reeds gedoen het nie.

https://forms.gle/PNwXZDGEVWvsP52U8


SKOOLGELD


Baie dankie aan ons ouers wat steeds hul skoolgeld betaal te midde van hierdie moeilike tyd. Ons besef dat hierdie vir baie ouers ‘n groot uitdaging is en dat

baie van u moontlik nie u volle salaris ontvang het nie. Ons doen egter ‘n

beroep op die van u vir wie dit wel moontlik is, om voort te gaan om u skoolgeld

te betaal. Die skool het baie uitgawes ten spyte van die feit dat daar vir agt weke nie leerders by die skool was nie en ons poog werklik om ons kinders so ver moontlik aan die werk te hou, sodat hulle nie te ver agterraak met hul werk nie.


OPEDAG & GRAAD 8 INSKRYWINGS VIR 2021


Die Opedag wat 8 April sou plaasvind, kon weens die inperkingsituasie nie plaasvind nie. Gebruik gerus die volgende skakel om na ons virtuele Opedag-advertensie te kyk.

https://drive.google.com/file/d/12ZDy1RQEQeVQYUZZdmBqMP9ZOhC9LF7n/view


Inskrywings vir graad 8 vir 2021 het nog nie geopen nie. Die voorlopige datum vir die department se aanlynregistrasies is 25 Junie – 25 Julie 2020. Hou die media dop en sodra die departement die aanlynregistrasies open, is dit belangrik om so gou moontlik te registreer en ‘n registrasienommer te kry. U het dan sewe dae om die dokumente by die skool te kom inhandig.


GLANSFEES


Weens die Covid19-situasie sal die Glansfees ongelukkig nie meer hierdie jaar plaasvind nie. Woeker steeds met daardie talente, ons sal dit op ‘n volgende keer beskou!


RAPPORTE EN OUERAAND


Ouers het reeds leerders se rapporte elektonies ontvang. Indien daar enige foute was, kan u dit met die betrokke onderwyser opneem. Daar sal ongelukkig nie ‘n oueraand wees nie, u kan probleme elektronies aan die betrokke personeellid rig en hul sal dit dan met u opneem.


KANS!VATTER REDENAARS-FINAAL


Zaylee-Ann Olwage in graad 9, dring deur na die Afdeling graad 8-9 Afrikaans Ervare Sprekers. Baie geluk!


SPORT


Weens die situasie soos wat dit tans in die land is, sal daar geen sport gedurende hierdie kwartaal en waarskynlik die res van die jaar plaasvind nie. Ons wil wel graag ons sportmanne en -vroue aanmoedig om aan te hou met oefen, sodat hulle in die nuwe jaar gereed sal wees.


VERVOER


• Vier saamrygeleenthede beskikbaar vanaf Sinoville na die Skool en weer terug laatmiddag. Ek het ‘n PDP. Kontak Andrea Wannenburg by 0637722378.

• Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid na Steadlaan (BP Garage), kontak Pauline Coetzee 074 186 3863.

• Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid vanaf Mayville/Eloffsdal-omgewing, kontak asseblief vir Reon van Sittert by 081 401 7715.

• Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid vanaf Braam Pretorius-straat, kontak Elmarie Ludik by elmarieludik@gmail.com.


FONDSINSAMELINGS


Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total Hertzog-straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n gedeelte terug.


Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope doen, die skool kry ‘n persentasie en u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan na www.myschool.co.za of skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook ‘n aansoekvorm by die algemene kantoor kom afhaal.


Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle

dit kan aanteken, die skool ontvang krediet.


112 views
  • White Instagram Icon

© Copyright 2019 by HTS John Vorster. Proudly created with Wix.com

Kontak ons

Tel: 012 332 1760

Epos: info@htsjv.co.za

Adres

Meyerstraat 1072

Rietfontein

Pretoria