Search

HTS John Vorster Groei

Updated: Mar 23

Hierdie jaar is n jaar waarin die JV’s behoorlik groei.

Ons het in vroeër jare slegs ‘n handjievol dogters in die skool gehad, maar in 2020 bereik ons dogters hoë hoogtes. Ons spog die jaar met 95 trotse JV-dogters. Daar is tans 'n rekordgetal van 37 dogters in gr 8, uit die 225 inskrywings vir die jaar.


LITTLE GIRLS WITH DREAMS BECOME WOMAN WITH VISION
- unknown

Hier by HTS John Vorster, kan elke jong dame haar talente voluit ontwikkel. Die skool is in 1962 gestig en deur die afgelope dekades het die aantal dames in die tegnologiese werksomgewing, progressief vermeerder, wat beteken dat HTS John Vorster jaarliks meer en meer dogters inskryf wat hul in hierdie lyn wil bekwaam om sodoende aan die hoë standaarde van die privaatsektor te voldoen.


HTS John Vorster se dogters het dus na afloop van matriek, ‘n ongelooflike voorsprong in die lewe en kan vir n wye verskeidenheid poste aansoek doen, juis omdat dié skool soveel meer bied.



Indien jy wil deel word van ons wenspan, kan jy ons OPEDAG bywoon. Kry meer inligting deur ons op Facebook en Instagram te volg.


644 views
  • White Instagram Icon

© Copyright 2019 by HTS John Vorster. Proudly created with Wix.com

Kontak ons

Tel: 012 332 1760

Epos: info@htsjv.co.za

Adres

Meyerstraat 1072

Rietfontein

Pretoria