Search

Hoër Tegnologiese Skool John Vorster se buitengewone vaarwel.

" 'n Masker wat by jou rok pas of pak pas was aan die orde van die dag vir die matrikulante wat vanjaar reeds hulle matriekafskeid gehou het" - Brumilda Swarbool van Beeld.


Die jaar was 'n ongelooflike nuwe ervaring vir ons matrieks. Dit was verseker nie 'n normale jaar vir baie van ons leerders nie maar ons matrieks het werklik 'n skokkende jaar beleef waar daar soveel verandering was. Die oorspronklike matriekafskeid was gereël vir 17 September 2020 maar as gevolg van die pandemie moes mev. Olwage ander planne maak. " Ons het nie 'n keuse gehad as om die matriekafskeid af te stel vir 2020 nie. My hart wil breek vir die matrieks maar ons het geen ander opsie nie." het mev. Olwage, adjunkhoof en organiseerder van die matriekafskeid gesê vroeër in 2020. Die oomblik toe Pres. Ramaphosa ons op vlak een plaas het mev. Olwage DADELIK aan die werk gespring en vir die matrieks 'n WONDERLAND-SPROKIESLAND-matriekafskeid gereël.


Met die hulp van al die onderwysers het ons die jaar se matriekafskeid 'n groot sukses gemaak. Ons het glas bottels, kersies, liggies, bokse en alles wat ons kon kry om tot by die tema te voeg, bymekaar gemaak. Ons het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om al die onderwysers en admin-personeel te vra om die dag meer opwindend te maak deur iets interessants aan te trek om ook saam die leerders pret te hê.


Matrieks van 2020, julle jaar sal altyd onthou word as die jaar waar alles deurmekaar was as gevolg van 'n pandemie.


Ons glo elkeen het die aand baie geniet.



449 views
  • White Instagram Icon

© Copyright 2019 by HTS John Vorster. Proudly created with Wix.com

Kontak ons

Tel: 012 332 1760

Epos: info@htsjv.co.za

Adres

Meyerstraat 1072

Rietfontein

Pretoria