Search

Ontmoet HTS John Vorster se onder-voorsitter Lané Smit

Updated: Mar 23

Awsum digitale koerant het 'n onderhoud gehad met Lané Smit.



Ontmoet HTS John Vorster se onder-voorsitter Lané Smit

📷

Lané Smit

Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Wat is jou leierskapstyl?

Ek glo in gelykheid. Maak nie saak wat jou geslag is nie jy kan nog steeds ‘n leier wees AS jy leierseienskappe het. Ek laat nie toe dat enige iemand oor my loop nie.  Ek neem ander leiers se opinies en style in ag want ek weet elkeen verskil. Ek plaas myself altyd in ander se skoene.

Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?

Sterkpunte: eerlikheid, opreg, positief, vrolik en neem verantwoordelikheid.

Swakpunte: Sal myself toegooi met werk as wat ek iemand vra om uit te help of dit te doen.

Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool?

Om aktiwiteite te reël en gees te bring by elke leerder. Natuurlik die ontgroening ook. Ek sien uit om al die nuwe gesiggies te sien.

Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool?

Ons skool is regtig vir my besonders maar ek sal graag die leerders meer aangemoedig wil hê om goed te presteer in akademie, kultuur en sport. As leerders sien hulle word bekend gemaak en word raakgesien, sal hulle aangemoedig wees.

Wat geniet jy die meeste van jou skool?

Ek geniet al ons aktiwiteite en prettige uitstappies.

Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik?

Ek gaan studeer by CTU om ‘n siviele ingenieur te word.

Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers?

Die grootste leier is nie noodwendig die een wat die beste dinge doen nie. Die grootste leier is die een wat maak dat ander die beste dinge doen.

Wie is jou rolmodel? My ma Antoinette Smit.

Wat is jou planne vir 2021? Om hard te leer en te werk sodat ek dadelik kan begin om my toekoms op te nou na sukses.

As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom?

Wonder Woman. Sy was ‘n prinses en ‘n warrior.  Sy vat nie enige nonsens van kabouters af nie.

Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by…die winkels saam met …kos.

Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Enrique Iglesias

Kies een:

Netbal, rugby, krieket of hokkie? Hokkie

Cappucino, warm sjokolade of tee? Cappucino

Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende

Vir ure lank jou gunsteling-TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Gunsteling-TV-reeks kyk

Andriod of iOS?  Andriod

43 views
  • White Instagram Icon

© Copyright 2019 by HTS John Vorster. Proudly created with Wix.com

Kontak ons

Tel: 012 332 1760

Epos: info@htsjv.co.za

Adres

Meyerstraat 1072

Rietfontein

Pretoria