Search

Top 10-presteerders vir 2019

Updated: Mar 23

HTS John Vorster spog met hulle toppresteerders vir die jaar 2019. WELGEDAAN!



2019 was 'n merkwaardige jaar met soveel goeie herinneringe. Ons matrieks van 2019 was 'n wonderlike groep jongmense en ons spog in 2020 oor ons twee toppresteerders.


“VLIEG HOOG, DROOM GROOT. WEES NET JOUSELF. ANONIEM ”

Dit is verseker nie maklik om deur skool te gaan nie en matriek behels ook vele strespunte. Enige volwasse-jongmens sal ook saamstem dat jou matriek 'n bitter-soet jaar is. Daar is BAIE pret maar ook baie STRES.


ONS 2019-toppresteerders


Ons het twee TOP-manne wat uitstekend gevaar het in 2019 en hulle het elk 9 A's behaal met deursettings-vermoë en ongelooflike harde werk. Elke student/leerder by HTS John Vorster moet ongelooflike vermoë he om pligsgetrou en gehoorsaam te wees. Nie net gehoorsaam aan onderwysers of hulle ouer/voogde nie maar om gehoorsaam aan hulself te wees sodat hulle eendag die vrugte kan pluk. Jy het EEN kans, EEN kans om 'n verskil te maak en elke matriek van 2019 het die toets deurstaan.


Ons twee toppresteeders is XANDER BEZUIDENHOUT en CHRISTO VERRYNE elk wat 'n uitmuntige 9 A's losslaan. WELGEDAAN JV's. Ons is trots op julle.


Die res van die top-uitslae is as volg -


Francois Breedt – 3 A’s, 6 B’s

Dewald Megit – 3 A’s, 5 B’s

Sascha Luus – 3 A’s, 3 B’s

Pieter Meyer – 2 A’, 4 B’s

JP van Rooyen – 1 A, 2 B’s

Eugen Vosloo – 1 A, 2 B’s

Joss-Thomas Thorburn 1 A, 3 B’s






33 views
  • White Instagram Icon

© Copyright 2019 by HTS John Vorster. Proudly created with Wix.com

Kontak ons

Tel: 012 332 1760

Epos: info@htsjv.co.za

Adres

Meyerstraat 1072

Rietfontein

Pretoria