JV-NETBAL

ORGANISEERDER

Me Anel De Beer

Het u gedink omdat HTS John Vorster baie jong manne het, is hier nie dogters nie? Dink weer!  Netbal is al vir 26 jaar deel van HTS John Vorster se sport.  JV-dogters toon egte JV-veggees op die baan. Ons neem in die Daisy-liga van die distrik deel.   

In die D3-skoleliga, hoef JV's vir geen ander skool terug te staan nie en kompeteer ons graag met verskeie ander skole se A-netbalspanne.

JV-Netbal spog in 2020 met vyf netbalspanne.  Hier word harde werk in die ontwikkeling van elke dogter ingesit.  Al die JV-dogters is welkom om by die netbal aan te sluit.  Al het jy nog nooit netbal gespeel nie, is dit by dié familie waar jy geleer word.  Daar is baie toewyding en motivering wat deur bekwame en dinamiese afrigters getoon word. 

HTS John Vorster spog met twee netbalbane reg langs die lapa wat vir ‘n unieke uitsig sorg oor die hele Pretoria.  Toeskouers kan gemaklik na die netbal kom kyk

Netbal vind plaas in kwartale 1, 2 en 4 en die ligawedstryde vind in kwartaal 2 plaas

 

Afrigters:

Mev Jacolene van der Merwe  :  o/14

Me Daleen van den Bergh :        o/15

Me Bianca du Plessis :               o/16

Me Inge Dowd :                          Tweedespan

Me Anel de Beer :                      Eerstespan

 

Oefentye:

Maandae:

o/14 en o/15:                        14:30 – 16:00

o/16 en tweedespan:           15:30 – 17:00

Eerstespan:                          15:00 - 16:30

 

Dinsdae:

o/14 en o/15:                        15:30 – 17:00

o/16 en tweedespan:           14:30 – 16:00

Eerstespan:                          14:30 – 16:00

 

Donderdae:

o/14 en o/15:                        14:30 – 16:00

o/16 en tweedespan:           15:30 – 17:00

Eerstespan:                          15:00 - 16:30

 

Oefenplek:

Op die skool se netbalbane

 

Drag tydens wedstryde:

Blou-en-wit rompie, blou-en-wit hempie met wit kouse en tekkies (netbaldrag)

Die eerstespan dra die nuwe, goedgekeurde drag van die spesifieke jaar

 

Hoogtepunte tydens die 2019-seisoen

JV-Netbal het reeds vanweë harde werk en ontwikkeling in die spelers se vaardighede, verskeie prestasies behaal.

Ons het vanaf 2014-2019 tweede in ons liga geeindig. In 2019 het die liga verander na die Emerald Liga en spanne eindig derde in die 2019.

Ons o/16 A-dogters WEN hulle liga in 2019.

  • White Instagram Icon

© Copyright 2019 by HTS John Vorster. Proudly created with Wix.com

Kontak ons

Tel: 012 332 1760

Epos: info@htsjv.co.za

Adres

Meyerstraat 1072

Rietfontein

Pretoria

IMG_0301