JV-KRIEKET

_j.jpg)
ORGANISEERDER
Mnr Jurg Swart
Krieket by HTS John Vorster lê ons baie na aan die hart en word reg deur die jaar beoefen. Gedurende die eerste kwartaal neem ons met ons drie A-spanne deel aan die Buurmanskapliga.
In kwartaal drie en vier neem ons aan die Northerns(NCU) se liga deel. Ons Eerstespan speel op Saterdae 50-beurtwedstryde. Die o/14 A- en o/15-spanne speel gedurende die week ook 50-beurtwedstryde, terwyl die res van die spanne 20-beurtwedstryde speel. Ons kan spog met ‘n groot aantal seuns wat krieket speel, met nie minder nie as ses spanne wat aan formele ligas deelneem.
‘n Groot hoogtepunt en eer vir elke JV-krieketspeler en ook vir die buurskole is om vir die aandreeksspan gekies te word. Die liga vind gedurende die vierde kwartaal plaas en ons en drie van ons buurskole neem aan die aandreeks deel.
Vir ons as afrigters is krieketafrigting ‘n passie en ‘n manier van lewe. Ongeag of dit ‘n B-span of die Eerstespan is, doen ons dit met dieselfde toewyding. Behalwe dat ons verskeie vlak twee gekwalifiseerde afrigters het, is die entoesiasme ‘n uitstaande kenmerk van al ons afrigters.
Ons krieketfasiliteite is van hoogstaande gehalte. Dit behels oefengeriewe aan vyf spanne wat gelyktydig kan oefen. Ons het ‘n baie goeie turf-kolfblad met uitstekende spreiligte, sodat daar in die aand krieket gespeel kan word. Verder beskik ons al die nodige toerusting wat ons bekwame afrigters in staat stel om professioneel af te rig.
Ons spanne onderneem gewoonlik ‘n kriekettoer gedurende die Junie/Julie-skoolvakansie. Onder ons bekwame afrigters is daar in die afseisoen individuele afrigting waarin daar aan kolf- en boultegnieke geskaaf word.
Afrigters:
Mnr Peet van der Westhuizen
Mnr Trevor Smith
Mnr Martin Steyn
Mnr Johan Pieterse
Mnr Johan Scholtz
Mnr Keagan van Eck
Mnr Henré Botha
Oefentye:
Daar is dwarsdeur die jaar krieketoefeninge, maar die ernstige oefening begin in die derde kwartaal op:
Maandae, Dinsdae en Donderdae : 14:00 tot 16:30
Wedstryddae:
Eerstespan speel op Saterdae wedstryde
Ander spanne speel op Maandae en Donderdae wedstryde
Oefenplek:
Krieketveld en krieketnette by A- en C-rugbyvelde
Drag tydens wedstryde:
-
wit kriekethemp
-
wit langbroek
Hoogtepunte tydens die 2019-seisoen
Die JV-krieketspan het reeds by 3 geleenthede die krieketaandreeks gewen.
Ons speel krieket gedurende die eerste en derde kwartaal van die jaar. Die meeste ligas eindig gewoonlik eers in die vierde kwartaal.
Dan speel ons 1ste Span, o/14-en o/15-spanne weer in die B-afdeling van die Platinumliga van die Northerns Cricket Union.
Ons spog ook met ons 1ste span wat die Buurmanskaptrofee vir 2019 gewen het, onder leiding van mnre. Peet van der Westhuizen en Vian Venter.