BESKRYWING VAN ONS SONKAR

Die sonkar wat deur die HTS John Vorster-span ingeskryf word vir die September 2022 Sasol Solar Challenge, is ontwikkel en gebou deur TUT vir hul deelname aan die 2016-Sasol Solar Challenge. Die 2016-kar is verander om by die nuwe vereistes vir die 2021-kompetisie aan te pas. Ons leerders het vanaf Januarie 2020 gewerskaf om al die nodige veranderinge aan die kar aan te bring en elke oomblik wat hulle kon afstaan, is bestee om aan die kar te werk. COVID het dit nie maklik gemaak nie en ons moes die projek vir 'n tydjie opsy plaas, voordat ons weer volstoom aan die werk kon spring om verlore tyd in te haal.

VOORDELE VAN DEELNAME

Begrip van die nuutste tegnologiese innovering

As deel van die leerervaring word skoliere, ouers en onderwysers aangemoedig en uitgenooi om die ontwerpkonsepte van die bestaande sonkar te verbeter. Aspekte waaraan gewerk sal word, sluit die volgende in:

•verbetering van aërodinamiese weerstand

•basiese kennis van battery-konfigurasies en bestuur

•verbetering van die skarnierwerking van die boonste deel van die sonkar (grafiese tekeninge, ontwerp en vervaardiging)

•begrip van die suspensie, meganiese rem-meganisme en wielsporing

•vervaardiging van 'n nuwe skerm om voor en agter die sonkar te kan sien

•begrip van die strategie, spanbestuur, logistiek, bemarking en fondswerwing vir 'n sonkar span.

•addisionele tegniese werk soos programmering, bedrading, veiligheidsdokumentasie ens.

Die projek fokus op die begrip van fundamentele ontwerpkonsepte en die faktore wat die werking van die sonkar beïnvloed.

Die volgende spanne is saamgestel uit HTS John Vorster-leerders, hul ouers, onderwysers en ander belanghebbendes om die projek 'n werklikheid te maak:

- Bemarking

- Fondswerwing

- Tegniese afdeling

- Logistiek

 

BETROKKE PERSONE: 

Spanbestuurder: Hanchen Botha - hbotha311@gmail.com

Tegniese bestuurder: Hannes Venter - hannes@xlaw.co.za

Bemarking: Arlene Oosthuizen - info@anythingliquid.co.za

Logistieke bestuurder: Erika de Vries - devrieshuis@gmail.com

SOLARKAR

JV Gears Artwork.png
Solarkar-projek Facebookblad.png

To play, press and hold the enter key. To stop, release the enter key.