BRUGBOU

 

Brugbou is ‘n jaarlikse kompetisie. 

Leerders van gr 8 – 11 ontvang twintig houtbalkies, ‘n pakkie gom en een meter lengte tou om ‘n brug mee te bou. Deeglike beplanning en baie goeie spanwerk word vereis sodat die brug binne drie ure voltooi kan word. Die spesifikasies waaraan elke brug moet voldoen, word eers op die dag van die kompetisie bekend gemaak.

 

 

Die brugboukompetisie bied aan leerders die geleentheid om in spanverband baie pret te ervaar, terselfdertyd onder druk saam te werk, te organiseer en verskillende rolle te vertolk.

 

Die grootste spanning word beleef wanneer die brûe getoets word ten aanskoue van medeleerders en kompeteerders.

Daar word in twee kategorieë meegeding:

  • die mees estetiese brug kry ‘n prys en

  • die uiteindelike wenbrug is die brug wat die grootste las tot sy eie massa kan dra.

 

Ons het in 2019 ‘n borgskap van 50 buisies gom van Pratley ontvang, en ons kon die verskil aan ons brûe sien deurdat ‘n groot aantal brûe laste van tot 60 kg gedra het.

ORGANISEERDER:

Mnr Flip van Rooyen

  • White Instagram Icon

© Copyright 2019 by HTS John Vorster. Proudly created with Wix.com

Kontak ons

Tel: 012 332 1760

Epos: info@htsjv.co.za

Adres

Meyerstraat 1072

Rietfontein

Pretoria

Screenshot 2020-01-28 at 19.28.28