JV-BERGFIETS
HTS John Vorster se bergfietsspan is sedert 2016 steeds die beste fietsryspan in die Moot-omgewing.
Die skool beskik oor ‘n uitstaande fietsrybaan wat oor die Magaliesberg en die skoolterrein strek. Hierdie baan oefen klimme, afstand, spoed en bergfietsvaardighede.
Die bergfietsseisoen strek vanaf Januarie tot Oktober.
Leerders neem as ‘n span deel aan die Spur-skolereeks.
Individuele deelname aan Nissan Trailseeker en USN cup-wedrenne lewer ook puik uitslae
Afrigters:
Mev M Geyser
Mnr J Swart
Mnr C du Rand
Mnr L Scholtz
Oefentye:
Dinsdae en Donderdae
-
15:00-16:30
Oefenplek:
Leerders kom by jukskeibane bymekaar en oefen dan vaardighede op skoolgronde, op die bergfietsroete in die berg, asook by die bult by Runners’s tap in Breyerlaan
Drag tydens wedrenne:
Fietsryers arriveer in korrekte skooldrag.
Fietsrydrag is:
-
fietsryhemp
-
swart fietsrybroek
-
bergfietsrykouse
Hoogtepunte tydens 2019-seisoen
Sewe van ons seuns kwalifiseer om aan die Nasionale Kampioenskappe by Hoërskool Wagpos deel te neem en eindig 17e uit 50 skole.

_.jpg)