JV-ATLETIEK


ORGANISEERDER
Me Lize-Mari Schwartz
JV-atletiek se sukses lê in die organisasie en bestuur deur toegewyde en bekwame atletiekkundiges. Harde werk en die ontwikkeling van elke atleet is die boustene van sukses. Spangees en toewyding word gevorm uit motivering, saamwerk, saamgroei en saamdroom.
Die JV-atletiek neem deel aan die C-liga wat ‘n aanvang neem op die eerste skooldag van die jaar tot die voorafbepaalde Interhoërdatum en hervat weer in Septembermaand.
Ons bekwame afrigters is:
Naellope (100 m, 200 m & 400 m) - Brandon vd Walt
Aflos - Lize-Marie Schwartz
Middel- & langafstande ( 800 m, 1500 m & 3000 m) - Inge Dowd
Diskus- Johan Scholtz
Gewigstoot - Johan Scholtz
Spiesooi - Ben van der Merwe
Hekkies- Brandon van der Walt
Hoogspring- Phillip Klopper
Verspring- Bianca Du Plessis
Oefenplek:
Ons oefen op ons sportvelde en atletiekbaan
Oefentye:
Maandae tot Donderdae, soos elke afrigter met sy/haar atlete reël, sodat alle sportmanne by al hul sportoefeninge uitkom
-
14:30-15:30
Drag tydens byeenkomste:
-
JV-hemp en JV-broek of
-
JV-atletiekdrag (JV-atletiekfrokkie en JV-skipant)
Hoogtepunte van 2019-seisoen
Cullen Labuschagne is na die SASA-byeenkoms genooi